RIEBIE LAND 19 Sept. 2019 10 °C
Wind: 1.45 mph
Humidity: 64% Pressure: 1030.4 hPa
Fri 19 °C 14 °C
Sat 22 °C 15 °C
Sun 20 °C 19 °C
Mon 15 °C 13 °C
RIEBIE LAND 19 Sept. 2019 10 °C
Wind: 1.45 mph
Humidity: 64% Pressure: 1030.4 hPa
Fri 19 °C 14 °C
Sat 22 °C 15 °C
Sun 20 °C 19 °C
Mon 15 °C 13 °C

Kultuur

'n Passie

Vir die Kunste

Die Riebie Kultuurpot kook behoorlik, want die Kultuur-tiere roer die pot aanhoudend.

 

Ons Kultuur-tiere is bedrywig en blink uit in die volgende aktiwiteite :

    • Koor
    • Revue
    • Kunswedstryd
    • Redenaars

 

In 2018 wen ons Senior Koor die Informele Afdeling van Sing in Harmonie en word as die skool met die grootste en beste vermaaklikheidswaarde aangewys. Hul verwerf ook Cum Laude by Super 12.

 

Die Riebies se Junior Revue was op almal se lippe nadat ‘n videogreep van ons eie “John Travolta” op sosiale media gedeel is. Hul was die enigste Junior Revue groep wat deurgedring het na Lefra se finales. Dit wil gedoen wees. Hul het almal se voete laat jeuk om te sing en dans.

 

Tydens die Kunswedstryd optredes van 2018 verwerf die Riebies die volgende toekennings :

    • 4 Afdeling wenners
    • Item wenners
    • Prestige wenners

 

Ons kletskouse met opinies het sommer tot by verskeie Redenaarskompetisies se landsfinale deurgedring, waarvan hul eerste, tweede en derde plekke behaal het.

 

Hou beslis die Riebie-Kultuurpot met al sy aktiwiteite weer dop in 2019, want die Kultuur-tiere is alreeds hard aan die werk om daardie Riebievlag lekker hoog te laat wapper!

Junior Koor

Die Junior Koor 2018 het ongelooflik goed presteer waarop die Riebies baie trots is en ons glo dat ons Junior Koor 2019 die hoogste toekennings in elke kompetisie gaan verower.

 

Ons Junior Koor bestaan uit 80 lede en word begelei onder leiding van Mnr. Gert Pottas en Tertius du Preez.

 

Voorlopige optredes vir 2019:

  • Super 12 Mei
  • Koor Cantare Julie / Augustus
  • Sing in Harmonie Episode optrede- Mei / Finaal - September
  • Centurion Kunswedstryd Augustus
  • Sing It Eerste optrede en Finale

 

Let wel: Datums en optredes is onderhewig aan veranderings.

 

Koorgelde:

Beloop R200-00 per jaar. Die gelde sluit die t-hemp asook die gebruik van dassies, kruisbande en "scrunchies" in.

 

Koordrag:

Dogters Formeel

  • Koningsblou rokkie - (ouers moet betaal vir skool om te laat maak).
  • Wit langmou-knopieshemp - (ouers moet self aankoop).
  • Swart "tights" - (ouers moet self aankoop - Boundary SIlk Bazaar).
  • "Scrunchies" & strikdasse - (skool voorsien).

 

Dogters Informeel

  • Blou denim langbroek - (eie / ouers moet self aankoop).
  • T-hemp - (skool voorsien).
  • Wit of blou tekkies - (eie / ouers moet self aankoop).

 

Seuns Formeel

  • Netjiese swart langbroek - (ouers moet self aankoop).
  • Wit langmou- knopies hemp - (Ouers moet self aankoop).
  • Swart kouse en swart skoolskoene - (eie / ouers moet self aankoop).
  • Kruisbande & strikdasse - (skool voorsien).

 

Seuns Informeel

  • Blou denim langbroek - (eie / ouers moet self aankoop).
  • T-hemp - (skool voorsien).
  • Wit of blou tekkies - (eie / ouers moet self aankoop).

 

Senior Koor

Die Senior Koor bestaan uit +- 90 lede en word afgerig deur Gert Pottas en begelei deur Tertius du Plessis.

 

Ons neem deel aan die volgende kompetisies:

  • Super 12
  • Sing in Harmonie
  • Cantare
  • Sing It

 

Senior Koor 2018 resultate:

  • Ons Senior Koor (2018) het die Informele Kategorie vir Gauteng skole by die Sing in Harmonie kompetisie gewen.
  • Die Senior Koor het verlede jaar (2018) die prys vir die koor met die beste vermaaklikheidswoorde by Sing en Harmonie se regstreekse uitsending gewen.
  • Die koor het ook deelgeneem aan die World Choir Games waar hul goud verwerf het.
  • By die jaarikse Super 12 koor kompetisie het die koor weggestap met Cum Laude.

 


Aandag, aandag alle Riebie Kultuurtiere.

 

Dit is weer binnekort die tyd van die jaar dat ons Riebies geleentheid kry om deel te neem aan die jaarlikse Kunswedstryd. Ons tree op tydens die derde kwartaal. Besoek gerus die webwerf www.kempkuns.co.za (Sillabus) vir items.

 

Ons Riebies het weereens puik tydens die 2018 kunswedstryd presteer. Kom al die Riebie Kultuurtiere, kom ons maak 2019 die beste kunswedstrydjaar nog!

 

Prestasies tydens 2018:

  • 4 Afdelingswenners
  • 44 Itemwenners
  • 83 Prestiges A++
  • 104 Diplomas A+
  • 66 Platinum A
  • 12 Goud A-
  • 3 Chroom B+

 

Ons wil . . . Ons kan . . . Ons sal optimaal presteer!

 



Die struktuur van die toespraak vereis ‘n inleiding, hoofdeel en ‘n slot. Oorreding en beredenering is ‘n vereiste.

 

Deelnemers tree in formele skooldrag op. Wanneer daar 2 sprekers is wat dieselfde toespraak het, word beide sprekers gediskwalifiseer. Tydens Super 12 Redenaars word Gr. 6 - 7 slegs abstrakte vrae gevra en geen onvoorbereide toesprake word gelewer nie.

 


Datums van deelname

Revue is alle leerders van Graad 2-7. Oudisies is reeds in 2018 afgehandel.

 

Ons is opgewonde om vanjaar weer aan verskeie geleenthede deel te neem naamlik:

  • Kempton Kunswedstryd
  • Tshwane Kunstefees
  • Kaleideoscope
  • Lefra KykNET kompetisie
  • SA Kampioenskappe

 

Hou asb die Riebie-klanke dop vir inligting rakende die revue.

 

Personeel betrokke by revue 2019:

  • Julie Ruthven
  • Adel Miessner
  • Rhumé Dippenaar
  • Georgina Gerrard

 


Riebies vir Jesus (R4J) van Laerskool van Riebeeck Park Primary het ten doel om Riebies in Christelike waarhede te begelei. Ons skep vir leerders die geleentheid om sielskos op relevante wyse by die skool te kry.

 

Riebies vir Jesus (R4J) vir die seniors vergader elke Maandag vanaf 07:00 tot 07:20 in die saal en die Juniors vergader elke tweede week op ‘n Dinsdag, tydens eerste pouse. Dit is 'n informele byeenkoms waar ons as Riebies vir Jesus (R4J) uit een mond saamstem: "Dis lekker om die Here te dien."

 



Al die kultuur oefentye in een dokument