Laerskool van Riebeeckpark Welkom

clickrhinoLaerskool van Riebeeckpark: Die laerskool in Kempton Park waar elke kind se potensiaal ten volle ontwikkel word.

Welkom by ons spog webblad, nou in Afrikaans en Engels. 

Ons toegewyde en passievolle opvoeders werk daagliks met liefde om ons Riebie-leerders op te voed en te onderrig deur:

  • Top akademiese standaarde;
  • Optimale sportontwikkeling;
  • Wye kulturele blootstelling.

Ons herinner ons Riebie-ouers daaraan dat die Riebie Klanke, in harde kopie, slegs aan leerders gegee word waar ouers nie toegang tot internet het nie.  Te danke aan die samewerking van ons ouers, gee ons nou weekliks slegs 150 Riebie Klanke in harde kopie uit. 

Hierdie webblad is ons daadwerklike poging en strewe na die vermindering van die gebruik van papier en om inligting so vinnig as moontlik by u, as ouer, te kry.  Ons glo en vertrou dat die ondervinding vir u en u kinders ʼn wonderlike geleentheid gaan wees en dat julle baie baat by die gebruik van ons webblad sal vind.  Ons sien daarna uit om u en u familie deur ons nuusbriewe en nuusflitse op hoogte van sake te hou.

spaarpapier

Ons glo dat u kuier hier by die Riebie familie baie lekker gaan wees!