Laerskool van Riebeeckpark Skaak

Staerdag 3 Februarie begin ons met skaakproewe (09:00 - 12:00). Leerders moet reeds kan skaak speel. In elke ouderdomsgroep nl, 0/13, 0/11 en 0/9 word daar 7 leerders gekies wat aan die Ligas gaan deelneem. (no. 7 is dan die reserwe) Twee Super 12 spanne, 'n Junior en Senior span sal gekies word wat elk bestaan uit tien spelers plus 'n reserwe. Name word voor die tyd na die Ligas en Super 12 deur gefaks en mag nie verander word nie. 

 

Voordele van Skaak:

IMG 20180505 WA0001

  • Verbeter Wiskundeprestasie;
  • Ontwikkel kognitiewe vermoë (aandagspan, geheue, intelligensie en analise);
  • Verhoog selfwaarde;
  • Leer redenasievermoë;
  • Verbeter kreatiwiteit;
  • Skep volharding;
  • Verbeter deursettingsvermoë;
  • Leer selfdissipline;
  • Leer om prioriteite te orden;
  • Help met probleemoplossing.

 

 

Ons oefen op Maandae. 

Gr. 1-3: 14:30 - 15:30 (G8)

Gr. 4-7: 15:30 - 16:30 (K2)

 

 

 

 

Skaak organiseerders:

Sandra Swart  (Seniors)

Cherelene Strydom & Merle Meyer (Juniors)