Laerskool van Riebeeckpark Valkie Rugby

31928669 10155594850293546 3715803140956618752 n

O/6 en 0/7 Valkie rugbyspan (2018):

Dit is kinders wat in Graad R en Graad 1 is, m.a.w. Graad R word of is 6 jaar oud en Graad 1 word of is 7 jaar oud.

Die O/6- en 0/7-groep vorder goed met die “TAG-RUGBY”. Hier gaan dit meer en deels oor die aanleer van bal vaardighede en die kweek van die liefde vir die sport.

 

 

O/8 Valkie A & B- rugbyspanne (2018):

Dit is kinders wat in Graad 2 is, m.a.w. word of is 8 jaar oud.

Die O/8 spanne begin duik rugby speel asook lynstane en skrums om sodoende die gevoel aan te leer sonder om beseer te word.

Afrigting van die spanne word behartig deur die ouers.

Daar word elke jaar vyf toernooie gehou, waar elke span teen verskeie ander skoolspanne speel.  Die toernooie vind op Saterdae plaas en dit is elke span se ouer-afrigter se verantwoordelikheid om die span by die onderskeie velde te kry. 

O/7- en O/8-voorsitters word uit die ouergemeenskap aangewys.  Die O/8-voorsitter is dan ook die amptelike Valkie ouer-verteenwoordiger.

 

Oefen tye:

  • Hou die Riebie Klanke dop vir oefen tye.
  • Die onderwysers wat saam met die ouer-verteenwoordiger werk, is Mnr. Ryno van Winkel en Mnr. Dawie Griesel.

 

Kleredrag:

Gr R , 1 & 2: Die seuns moet in die skool rugby truie speel wat by die klerebank of by Boundary Silk Bazaars aangekoop moet word. Die kinders dra n wit  rugby kort broek. Eenvormigheid is belangrik. Ouers moet asb seker maak dat die regte klere tydens wedstryde aangetrek word.

Ouers: Daar is ouer-ondersteuners hempde beskikbaar @ R250 wat tydens enige skool aangeleentheid gedra kan word. Bestellings kan geplaas word by die Klerebank waar groottes ook beskikbaar is. Sien Riebieklanke vir tye van klerebank. Geen bestelling sal sonder betlaing geskied nie.

 

 

 

Ryno van Winkel

Valkie-Rugby Organiseerder