Laerskool van Riebeeckpark Landloop

 

Laerskool Van Riebeeckpark is bekend as een van die top landloop Laerskole. Landloop word aangebied as massa

deelname om elke kind ʼn geleentheid te gee om deel te neem. In 2017 het meer as 150 leerders deelgeneem aan ʼn

liga byeenkoms.  Ons neem deel aan die span kompetisies soos Super 12, Noordvaal finaal en massa aflos

byeenkomste. 

 

 

'n Groot hoogtepunt is die Riebies se jaarlikse oefenkamp. Die kamp vind in die omgewing van Sabie plaas waar hulle

in die berge oefen en avontuur aktiwiteite doen.

 

 

Die Riebies bereik verskeie prestasies in spanverband en ook individueel:

  • Noordvaal Wenners (Dogters)
  • Noordvaal Naaswenners (Seuns)
  • 40 Atlete dring deur na D17
  • 12 Atlete neem aan Gauteng deel
  • Amy van Staden verower 'n 3de plek by ASA kampioenskappe en 'n 4de plek by SA skole kampioenskappe

 

Oefening vind reeds in die tweede kwartaal plaas. Vir verdere inligting kontak Hendrik van Staden by die skool.

 

 

Afrigters 2018:

Hendrik van Staden

Anélda van Staden


landloop 2

 

 

 

 

Hendrik van Staden

Landloop Organiseerder