Laerskool van Riebeeckpark Junior Koor

 

Laerskool Van Riebeeckpark Junior Koor

 

Die Junior Koor 2018 het ongelooflik goed presteer waarop die Riebies baie trots is en ons

glo dat ons Junior Koor 2019 die hoogste toekennigs in elke kompetisie gaan verower.

 

Ons Junior Koor bestaan uit 80 lede en word begelei onder leiding van Mnr. Gert Pottas

en Tertius du Preez.

 

Oefentye:

Donderdae: 13:45 - 14:45.

 

Voorlopige optredes vir 2019:

Super 12 Mei
Koor Cantare Julie / Augustus
Sing in Harmonie Episode optrede- Mei / Finaal - September
Centurion Kunswedstryd   Augustus
Sing It Eerste optrede en Finale

 

Let wel: Datums en optredes is onderhewig aan veranderings.

 

Koorgelde:

Beloop R200-00 per jaar. Die gelde sluit die t-hemp asook die gebruik van dassies,

kruisbande en "scrunchies" in.

 

Koordrag:

 

Dogters: Formeel

Koningsblou rokkie - (ouers moet betaal vir skool om te laat maak).

Wit langmou-knopieshemp - (ouers moet self aankoop).

Swart "tights" - (ouers moet self aankoop - Boundary SIlk Bazaar).

"Scrunchies" & strikdasse - (skool voorsien).

 

Dogters: Informeel

Blou denim langbroek - (eie / ouers moet self aankoop).

T-hemp - (skool voorsien).

Wit of blou tekkies - (eie / ouers moet self aankoop).

 

Seuns: Formeel

Netjiese swart langbroek - (ouers moet self aankoop).

Wit langmou- knopies hemp - (Ouers moet self aankoop).

Swart kouse en swart skoolskoene - (eie / ouers moet self aankoop).

Kruisbande & strikdasse - (skool voorsien).

 

Seuns : (Informeel)

Blou denim langbroek - (eie / ouers moet self aankoop).

T-hemp - (skool voorsien).

Wit of blou tekkies - (eie / ouers moet self aankoop).

 

 

Lizzie Schoeman

Junior Koor Organiseerder